Jou liefde wanneer dit kom
kleef aan my
deurweek my met skuldgevoel
van my private stoeiery
ongesiends?
Of het ek jou waaksaam
bespied
Die loer
Agter sulke fronse broei
vermoedes
En agter my - die lyke
verstrooid
Bebloedes van gister
Die skille van uitgeworpe oomblikke
En wat word van my verwag?
Sekerheid?
Sunday, July 20, 2008
Friday, April 11, 2008
Gletser
Oor die marmer wil my voete knars
blou koepel wit rivier
onder vrede wil spelonke bars
die kelders van die koue dier
blou koepel wit rivier
onder vrede wil spelonke bars
die kelders van die koue dier
Tiener
Jy loop so onseker onvas haastig op
Pad, weg na erens anders
Jy dink jy vlug so
Graag wil jy bestaan maar
Die moeras eendersheid ‘n
Sop waarin jy verdrink wat jy
Help skink en oplaas as almal
Die laaste blerrie ene
Ook ophou dink
Dan kyk ons vir mekaar
Dan kyk ons vir onsself
En soek na iets enigeiets
Wat kan uitstaan agter die
Glans die hoofletters en
! @ "" Maar nie die ?
Dan word ons ouer en
klere grouer al vergryp sommige so
verbete die slete van hul verlede
wat weerkaats in brandies tussen
moeë hande op plastiek
tafeldoek langs selfhelp boek
selfbehep te selfverlore
en onder die geel lig waar oë
verdonker sal jy onthou
en wonder
oor jou stryd na niksheid
Pad, weg na erens anders
Jy dink jy vlug so
Graag wil jy bestaan maar
Die moeras eendersheid ‘n
Sop waarin jy verdrink wat jy
Help skink en oplaas as almal
Die laaste blerrie ene
Ook ophou dink
Dan kyk ons vir mekaar
Dan kyk ons vir onsself
En soek na iets enigeiets
Wat kan uitstaan agter die
Glans die hoofletters en
! @ "" Maar nie die ?
Dan word ons ouer en
klere grouer al vergryp sommige so
verbete die slete van hul verlede
wat weerkaats in brandies tussen
moeë hande op plastiek
tafeldoek langs selfhelp boek
selfbehep te selfverlore
en onder die geel lig waar oë
verdonker sal jy onthou
en wonder
oor jou stryd na niksheid
Sunday, March 02, 2008
Sondebok
Sondebok,
Jou misrabele ding
Dis vir jou wie die hellekoor
Vannaand gaan sing
Jou elke fout
Word luid ontbloot
Tot SO benoud
Trek liewer self die skoot
Die vingers wys
Die kwylle reën
Kom brand sy huis
En slag sy seuns
O Sondebok
Jou nuttige ding
Dis vir jou wie die hellekoor
Al-tyd sal sing
(Vir alle gruwels en probleme, sondes en flaters,
Laai maar net op die skouers van Afrikaners)
{Een idiotiese pis-video is nie = aan meer as 1500 plaasmoorde/verkragtings/martelinge nie. Dankie vir die gebalanseerde verslaggewing Yahoo, en al die Britse koerante...}

Thursday, February 14, 2008
Tale of Two Continents
Die Here moet nou help
Of te laat?
Miskien.
Heimwee kanker-roes
my ingewande
kanniemeer
In twee geskeur
Halwe mens in veiligheid
of Heeltemal in die duister?
Watse keuse is dit dié?
En as hierdie wurg
My laaste geloof onthoof
Met wie praat ek dán
Wié?
Of te laat?
Miskien.
Heimwee kanker-roes
my ingewande
kanniemeer
In twee geskeur
Halwe mens in veiligheid
of Heeltemal in die duister?
Watse keuse is dit dié?
En as hierdie wurg
My laaste geloof onthoof
Met wie praat ek dán
Wié?
Monday, January 21, 2008
Die Knieër
Kniediep tussen bakke en lyste
Knak en knetter die knieër se kneukels
Are en meel lê op die arms en vuiste
Die wit is ritmies gehul in die duister
Die tande die kners
Op die tafel een kers
Wat flikker en dans
'n Bitter séance
Voor kake van yster oopgegooi
Talm die knieër voor die hitte 'n ruk
Die vure smeul en beveel en hy gooi
Die sagte verdwyn, in tonge van rooi.
Knak en knetter die knieër se kneukels
Are en meel lê op die arms en vuiste
Die wit is ritmies gehul in die duister
Die tande die kners
Op die tafel een kers
Wat flikker en dans
'n Bitter séance
Voor kake van yster oopgegooi
Talm die knieër voor die hitte 'n ruk
Die vure smeul en beveel en hy gooi
Die sagte verdwyn, in tonge van rooi.
Wednesday, January 09, 2008
Die eerlike kroeg
"Junne, ek hou van jou Skil"
"Skil? Jy meen soos Dop?"
"O ja, net soos Dop. Ek noem myne liewer 'Skil', dit laat my
minder aan my skooldae dink as 'Dop'."
"Wel, dankie. Joune is ook mooi. Wanneer het jy dit gekry?"
"Myne is 'n 76 model. En joune as ek mag vra?"
"78"
"Ja, baie mooi lyne. Ek hou van die bulte, dit laat my arme DNA bokspring"
"Ha, dankie jong. Hoekom arme DNA?"
"Wel, die voortplanting programeering is so ouderwets deesdae. Daar is mos genoeg van ons op hierdie arme planeet!"
"Nogal. Hoe hou jy jou Dop - jammer - Skil, in werkende orde? Die bakwerk lyk besonders stewig gebou... ja, daar voel ek nou my eie DNA ook roer." (Bloos)
"Ag, jy weet mos. Daaglikse oefensessies en goeie gehalte brandstof ten minste elke vier uur. Sover werk dit goed om ekstra bagasie van die bakwerk af te hou, en die enjin loop glad."
"Klink dieselfde as my onderhoudsprogram."
"So..."
"So..."
"Jou garage of myne?"

Sunday, November 25, 2007
Massa Mens
no name brand oë bekyk -
soos twee stil mane
vanuit
'n no name brand gesig
gevorm vanuit 'n stille keel
wat net vanuit 'n kraag kan uiter
saam gelas deur 'n
no name brand das
no name brand pak
no name brand lewe
'n linoneum vloer bestaan
waar niks 'my' is -
na Brad Pitt
en Jolie
op 'n voorblad
van People Magazine.
soos twee stil mane
vanuit
'n no name brand gesig
gevorm vanuit 'n stille keel
wat net vanuit 'n kraag kan uiter
saam gelas deur 'n
no name brand das
no name brand pak
no name brand lewe
'n linoneum vloer bestaan
waar niks 'my' is -
na Brad Pitt
en Jolie
op 'n voorblad
van People Magazine.
Wednesday, November 21, 2007
1994 Jan van Riebeeck Hoërskool CSV aand
Toe ek vir een jaar op Jan van Riebeeck Hoërskool in Kaapstad skool gegaan het, het iemand my uitgenooi om die CSV aand by te woon.
Die aand het lekker begin. Ek, die ver-Engelsde ex-Table Viewer, was geleer om te 'Two-Step'. En nie sommer deur enigeiemand nie!
O nee. Deur Ann-Margaret Ravenscroft (of so iets). Sy was pragtig.
Twee van my nuwe goeie vriende was erg verlief op haar.
Al drie van ons moes ongelukkig tevrede wees met die droom weergawe van AMR, omdat sy nie 'geglo het in dating nie'.
Vir my was hierdie idee redelik...uniek, maar ek sou vinnig die teendeel van hoe 'uniek' dit werklik was, leer.
Na al die gedans dans al om die rondte lat die sweet so tap junne maar sy het 'n fietse lyfie ens ens. kom die twee gas sprekers aan die beurt.
Nou, julle weet mos daardie die Hari-Krisnas? Hulle bied jou een van hulle boeke verniet aan. Dan as jy, na vele ontwykings, tog ingee en een aanvaar, vra hulle 'maybe you could just donate something?"
Dan kyk jy in jou beursie. Net vyf rand. Jy haal dit uit en die ou kyk vir jou so jammer aan in stilte dat jy genoodsaak voel om maar weer te gaan krap in daardie beursie.
R8.24
Lang storie kort - die ouens gaan nie jou 'n boek 'skenk' in ruil vir 'n donasie van minder as R20 nie.
Daardie CSV aand was dit dieselfde storie. 'n Aand wat sommer bakgat weggespring het, vol van avontuur en belofte, raak toe al hoe suurder en suurder. Om die waarheid te se, na die einde van hierdie aand het ek op 'n Christelike hiatus van ten minste drie jaar gegaan.
Hier's hoekom:
Hierdie vale paartjie sit toe daar saam met ons op die vloer en begin te praat. Hulle praat oor die gevare van 'uitgaan' en gruwel stories oor swanger raak en hoe seuns meisies misbruik.
Die vraag ontstaan toe mettertyd oor hoe hulle dan bymekaar uitgekom het.
Wel, hulle was voorbereid op hierdie vraag.
Sannie(Kom ons noem haar Sannie): "Ek het een aan begin bid en bid. Ek het op my kniee gegaan en die liewe Here gevra om vir my 'n man uit te soek."
(OK, dis nog nie so erg nie, maar wag:)
"Toe lui die deurklokkie"
"Ek gaan toe en maak die deur oop, en daar staan hierdie wildvreemde man voor my. Sy eerste woorde was: 'Ek dink ek is veronderstel om met jou eendag te trou.'"
Doodse stilte.
Ek wag.
Vir die punch line.
Toe dit nie kom nie, toe beide net daar in 'n aura van ernstigheid en vroomheid bly sit, tref die ware punch line my toe teen die kop: Hulle is ernstig!
Van die ander in die sirkel begin toe instemmend hulle koppe te knik. Van die ander wat al tevore die SONDE van UITGAAN gepleeg het, laat sak weer hul hoofde in skaamte.
Ek - die 'nuwe ou' - wil net lag.
Toe ek later my mening gelig het dat uitgaan mens baie oor verhoudings kan leer, word ek letterlik gekruisig. Meestal deur die vroomes (lees: lelikes+AMR). Die ander sondebokke het net ietwat weg van my geskuif ( bly dat iemand uitgesonder kan word vir die SONDE).
Toe ek daar opstaan en loop, het ek my eie koers ingeslaan.
Agter my het die res gebly.
Hulle het seker dadelik vir my begin bid.

Thursday, October 11, 2007
Op die rand
Op ons kampeer stoel sit ek en stop Rum and Maple tabak. Verreweg my gunsteling.
Op die tweede verdieping van die woonstel is dit effe koel op die balkon vannaand. Ou Man Winter is besig om te loer na ons.
Hierdie stook-proses streel my gemoed op 'n amper fisiese-geestelike vlak. Die filter kom eerste, skroef pyp toe, frommel 'n bolletjie twak en stop, wysvinger eerste, middelvinger laaste...
Ek kroek vannaand. Gebruik die Bic inpleks van vuurhoutjies.
(Vuur-houtjies: Snaakse woord!)
Die son trek water oor die sederbome, daar doer teen die bult. Sy goue lig is maar leeg van hitte.
Tog, die wolke gloei weer roospienk, goud en purpur.
Dit is meteens goddelik én apokalipties.
Die Son is nou op sy eie gewandel oor die Stille Oseaan uit. More groet ons miskien weer vir mekaar, as die wolke net nie weer met sy betogings-eenheid hier opdaag nie.
Ja, as mense praat van "die Weste" of "weswaarts", met duim of kopknik miskien beduie, dan wys hulle as te ware na waar ek nou hier sit en rook.
So sit ek op my balkon, wat uitkyk oor die rand van die kaart. Hier op die rand van die wêreld. Hier is ek die een wat 'goeienag'-sê vir die Son, aan die ander kant sit daar seker iemand op 'n balkon in Japan en sê 'goeiemore'.
Die twak proe maar efferig, maar dit skeel my min.
Saturday, October 06, 2007
Straatlig sentinel
Thursday, October 04, 2007
Het Kruis
In okerbruin skemerte gehul
sit skugter skoolbanke toebek en stil
........ons lippesaamgesnoer
deur molasse skadu's wat loer
en my heilige-grond-stilte vereis
sssh!
........wie durf dié donker kul?
Koue tektoniese plate
bedek met bloekom blare
verklap die jare
sedert lewendiges laas hier
........'aanwesig' was.
in muwwe groen geel bane
hang alles uiteindelik nou gedane
Verliefdes, verveeldes, en drome
..........stof atome...
sit skugter skoolbanke toebek en stil
........ons lippesaamgesnoer
deur molasse skadu's wat loer
en my heilige-grond-stilte vereis
sssh!
........wie durf dié donker kul?
Koue tektoniese plate
bedek met bloekom blare
verklap die jare
sedert lewendiges laas hier
........'aanwesig' was.
in muwwe groen geel bane
hang alles uiteindelik nou gedane
Verliefdes, verveeldes, en drome
..........stof atome...
Friday, September 28, 2007
Koffie
"Koffie, Koffie! Anders val ek om..."
Dié ware woorde meul dronkweg
In die sirkus tent
Wat deesdae so gereeld in my breins plak
Ja, my lekker soet-bitter bruin bekertjie,
Kom week my koue gemoed!
Jy maak weer van my 'n smeulstofie,
En dis goed
Dis mos weer Winter se tyd.
Kom ons praat Groot Dinge
Ek en Jy
Soos Seerower kapteins
Volg ons skepe die konsternasies se sterre
Of sterte?
(Kyk hoe gooi ek vir jou 'n Betekenisvolle Frons
Om te wys: Dis Diep Dinge waarom ons nou Praat!)
Ek onthou nou weer die Bekertjie vol Nabyheid
Ons eerste afspraak by Elsie's
Saam het ons gehurk en ribbes gevryf
Om die gloed
En toe begin die bloed
Bietjie lekker saam klop
En kort voor lank
Vryf ons mekaar se ribbes!
Aitsa!
(Ja, Eva.
Jy is alewig doenig met my ribbes...)
Jy weet,
Die Winter is 'n romantiese seisoen
Hy kruisig homself
As ons gemene vyand
En glimlag skelmpies
Buite in die straat
Waar hy ons beloer deur die venster
Van ons seerower kajuit.
Maar jammer ek val jou in die rede
Vertel my weer,
vir die hoeveelste keer
Jou Plan vir ons volgende Avontuur,
Kaptein!
Ons het alles wat ons nodig het
Mekaar
En twee bekertjies Droom-brandstof...

Sunday, August 19, 2007
Suiwer
Oë sluk dronkweg sporadies
Oor haar tepels en hoendervleis
Dis koud agter die tralies
Waar note soos skote vreterig nóg eis
En Svetlana gooi hulle nog 'n stukkie
So tergend deur die opening
Van haar klein hokkie
En agter dooie oë kring...
'n Meisie met ouers en 'n hond
Oor en oor
Dit wek die krag agter haar glimlag
Vir diegene wat dit ooit hier opmerk
'n Honderd Rand skoot seil
Raak-raak oor haar dye tot tussen rooi stilette
Sy buig laag oor en tel dit stadig op
En haar vleis word verorber in ekstase...

Monday, April 23, 2007
Sondagmiddag
Hier
in die middagson
waar ek
agter appels en piesangs
langs die tafel gewortel sit
hier
loer ek na jou
Doer
in die skemer se arms
al dwalend tussen blaaie
van nog 'n boek
nog 'n formule
ken jy selfs die naam
van jou jongste riller?
Ek wonder
Waar en wanneer
Ons twee weer sal ontmoet.
in die middagson
waar ek
agter appels en piesangs
langs die tafel gewortel sit
hier
loer ek na jou
Doer
in die skemer se arms
al dwalend tussen blaaie
van nog 'n boek
nog 'n formule
ken jy selfs die naam
van jou jongste riller?
Ek wonder
Waar en wanneer
Ons twee weer sal ontmoet.
Saturday, November 25, 2006
Van Gogh's crows
The crows are coming
Black over yellow swirling wheat
Drawing closer with every wretched beat
The Earth has shut its eyes in fear
It knows the need for flesh is clear
The crows are coming
Sent from the deepest darkest seat
To search for rancid or living meat
Nothng to stop their lust for blood
Nothing to stem the push of the flood
The crows are coming
A cloud of darkness out to meet
The child, the mother, from every street
Their bones to scatter their souls to steal
To caverns of eternal things concealed
The crows are coming
There is no escape through heroic feat
So I will stand and prepare to meet

Oerwoud
Die skim gloei
- vir 'n oomblik -
in die blou van die maan
tussen ou bome en jong struike
glip hy tussen die skadu's van Tyd
Kyk om en hy's weg
Kyk weer na vore en hy's terug
(met 'n sug van genoegdoening)
my aankomende ewigheids versoening
ek hoor hoe klop
'n brose onewigheid
soos 'n vlinder in my bors
binnekort kom hy met die sleutel
om die vlinder te verlos
- vir 'n oomblik -
in die blou van die maan
tussen ou bome en jong struike
glip hy tussen die skadu's van Tyd
Kyk om en hy's weg
Kyk weer na vore en hy's terug
(met 'n sug van genoegdoening)
my aankomende ewigheids versoening
ek hoor hoe klop
'n brose onewigheid
soos 'n vlinder in my bors
binnekort kom hy met die sleutel
om die vlinder te verlos
Tuesday, November 14, 2006
Oggend Son oor Kanada
Die strale loer
knipoog onder 'n wolk.
Met beteuelde honger
- aangeleer oor vele ringjare -
wag die trotse bome teen
heuwels
op aandag.
Swyend dog in glorie
Forseer die Son sy volle skyn fort
'n antiklimaks
Dis maar net 'n kille gloei
'n Illusie van hitte
Vir my - geen Afrika bron.
Tog, vir hierdie bome
is dit genoeg.
knipoog onder 'n wolk.
Met beteuelde honger
- aangeleer oor vele ringjare -
wag die trotse bome teen
heuwels
op aandag.
Swyend dog in glorie
Forseer die Son sy volle skyn fort
'n antiklimaks
Dis maar net 'n kille gloei
'n Illusie van hitte
Vir my - geen Afrika bron.
Tog, vir hierdie bome
is dit genoeg.
Saturday, November 04, 2006
Totius
Ek het Totius se "Passieblomme" digbundel in die hande gekry. Hy het dit geskryf om die dood van twee van sy kinders te verwerk.
Wat 'n meester.
Wat 'n onwrikbare geloof.
Hoe kan iemand wat so baie hartseer moes deurmaak nog aanhou glo aan 'n Liefdevolle Skepper?
Die toetse wat hy moes deurmaak sou te groot gewees het vir my.
Ek het nie helfde sy innerlike krag nie.
Dus lees ek Totius met bewondering, hartseer, en op die ou dag...
... 'n bietjie meer moed.
PS. Ek wonder wat Totius sou dink as ek 'n TOTIUS tattoo sou kry...?

Subscribe to:
Posts (Atom)