Tuesday, November 14, 2006

Oggend Son oor Kanada

Die strale loer
knipoog onder 'n wolk.
Met beteuelde honger
- aangeleer oor vele ringjare -
wag die trotse bome teen
heuwels
op aandag.

Swyend dog in glorie
Forseer die Son sy volle skyn fort
'n antiklimaks
Dis maar net 'n kille gloei
'n Illusie van hitte
Vir my - geen Afrika bron.

Tog, vir hierdie bome
is dit genoeg.

1 comment:

Eben van Renen said...

Dankie Dignet. Ek gaan eintlik nou begin fokus op een onderwerp en sien hoe ver ek dit kan bring.
Ek sien hier bo is 'n comment afgehaal "deur die author" - betekende ek of die ou wat dit geskryf het? Want ek het nie enige kommentaar verwyder nie!
In elk geval, ek is bly jy hou van die abstrakte werk - al is die foto sleg.