Friday, April 11, 2008

Gletser

Oor die marmer wil my voete knars
blou koepel wit rivier
onder vrede wil spelonke bars
die kelders van die koue dier

Tiener

Jy loop so onseker onvas haastig op
Pad, weg na erens anders
Jy dink jy vlug so
Graag wil jy bestaan maar
Die moeras eendersheid ‘n
Sop waarin jy verdrink wat jy
Help skink en oplaas as almal
Die laaste blerrie ene
Ook ophou dink
Dan kyk ons vir mekaar
Dan kyk ons vir onsself
En soek na iets enigeiets
Wat kan uitstaan agter die
Glans die hoofletters en
! @ "" Maar nie die ?
Dan word ons ouer en
klere grouer al vergryp sommige so
verbete die slete van hul verlede
wat weerkaats in brandies tussen
moeë hande op plastiek
tafeldoek langs selfhelp boek
selfbehep te selfverlore
en onder die geel lig waar oë
verdonker sal jy onthou
en wonder
oor jou stryd na niksheid