Tuesday, February 07, 2006

Mense van die Donker Kas

Daar was 'n man gewees
Wat op 'n klip gesit het
en vergeefs gebid het.

Daar was 'n vrou gewees
Wat in die lang gras gekrul was
en omvou het Wat Was.

Hulle oë was toe gelas
Deur gebeure uit 'n donker kas
Die enigste ander verbintenis was
Dat hulle altwee saam alleen was.