Sunday, May 28, 2006

Ek verstaan jou nie

Jy het my ontvou
Met my Melkbosstrand jeug
My Pa se trots
En my Ma se hande wat opbou

Maar wat dan van die krete in die nag?
Die vroue en kinders wat wag...
Wag... en swik
Onder jou stilte, jou Vyand
Vry om hulle te jag

Jy het my vereer
My 'n jonge Taal gegee
'n Asem vir my ou siel
'n ewige Salf vir die seer

Maar deur die ewige nag van die verslindes
Luister wie?
En wie tel hulle op?
Hulle het niks oor nie
En Jy is 'n plafon bo die bed
Sonder antwoorde, sonder gesig

Hoekom het jy my gekies?
En ek verstaan nie jou nie.