Thursday, February 14, 2008

Tale of Two Continents

Die Here moet nou help
Of te laat?
Miskien.
Heimwee kanker-roes
my ingewande
kanniemeer
In twee geskeur
Halwe mens in veiligheid
of Heeltemal in die duister?

Watse keuse is dit dié?
En as hierdie wurg
My laaste geloof onthoof
Met wie praat ek dán
Wié?

3 comments:

Anonymous said...

goed om weer iets te lees, ek hou van die kort en kragtige lyne!

Eben van Renen said...

Ek vind dat elke gedig nou moeiliker kom. Nie omdat die kreatiwiteit opgedroog het nie, maar omdat ek meer en meer van die gedig verwag, en moeiliker tevrede gestel word. Meeste van my eerste gedigte los 'n wrang smaak in my mond as ek hulle nou lees.

Anonymous said...

tsi tsi- daardie innterlike kritikus! ek voel maar baie kere dieselfde, goed om mens se eie worst kritikus te wees, dink jy nie? enigste manier om te improve sekerlik. ek sien maar my blog as 'n oefen boek, sodoende sensor mens nie jouself nie en kan jy enige kak daarop sit :) sonder om pressured te voel..as jou eerste gedigte 'n wrang smaak in jou mond los beteken dit sekerlik dat jy verbeter het! :) ek lees elke dan en wan ook 'n sin *kug* of 'n gedig raak wat my laat cringe..goeie ding.