Sunday, November 25, 2007

Massa Mens

no name brand oë bekyk -

soos twee stil mane
vanuit
'n no name brand gesig
gevorm vanuit 'n stille keel
wat net vanuit 'n kraag kan uiter
saam gelas deur 'n
no name brand das
no name brand pak
no name brand lewe
'n linoneum vloer bestaan
waar niks 'my' is -

na Brad Pitt
en Jolie
op 'n voorblad
van People Magazine.

Wednesday, November 21, 2007

1994 Jan van Riebeeck Hoërskool CSV aand

Toe ek vir een jaar op Jan van Riebeeck Hoërskool in Kaapstad skool gegaan het, het iemand my uitgenooi om die CSV aand by te woon.
Die aand het lekker begin. Ek, die ver-Engelsde ex-Table Viewer, was geleer om te 'Two-Step'. En nie sommer deur enigeiemand nie!
O nee. Deur Ann-Margaret Ravenscroft (of so iets). Sy was pragtig.
Twee van my nuwe goeie vriende was erg verlief op haar.
Al drie van ons moes ongelukkig tevrede wees met die droom weergawe van AMR, omdat sy nie 'geglo het in dating nie'.
Vir my was hierdie idee redelik...uniek, maar ek sou vinnig die teendeel van hoe 'uniek' dit werklik was, leer.
Na al die gedans dans al om die rondte lat die sweet so tap junne maar sy het 'n fietse lyfie ens ens. kom die twee gas sprekers aan die beurt.

Nou, julle weet mos daardie die Hari-Krisnas? Hulle bied jou een van hulle boeke verniet aan. Dan as jy, na vele ontwykings, tog ingee en een aanvaar, vra hulle 'maybe you could just donate something?"
Dan kyk jy in jou beursie. Net vyf rand. Jy haal dit uit en die ou kyk vir jou so jammer aan in stilte dat jy genoodsaak voel om maar weer te gaan krap in daardie beursie.

R8.24

Lang storie kort - die ouens gaan nie jou 'n boek 'skenk' in ruil vir 'n donasie van minder as R20 nie.

Daardie CSV aand was dit dieselfde storie. 'n Aand wat sommer bakgat weggespring het, vol van avontuur en belofte, raak toe al hoe suurder en suurder. Om die waarheid te se, na die einde van hierdie aand het ek op 'n Christelike hiatus van ten minste drie jaar gegaan.

Hier's hoekom:
Hierdie vale paartjie sit toe daar saam met ons op die vloer en begin te praat. Hulle praat oor die gevare van 'uitgaan' en gruwel stories oor swanger raak en hoe seuns meisies misbruik.
Die vraag ontstaan toe mettertyd oor hoe hulle dan bymekaar uitgekom het.
Wel, hulle was voorbereid op hierdie vraag.
Sannie(Kom ons noem haar Sannie): "Ek het een aan begin bid en bid. Ek het op my kniee gegaan en die liewe Here gevra om vir my 'n man uit te soek."
(OK, dis nog nie so erg nie, maar wag:)

"Toe lui die deurklokkie"
"Ek gaan toe en maak die deur oop, en daar staan hierdie wildvreemde man voor my. Sy eerste woorde was: 'Ek dink ek is veronderstel om met jou eendag te trou.'"
Doodse stilte.
Ek wag.
Vir die punch line.
Toe dit nie kom nie, toe beide net daar in 'n aura van ernstigheid en vroomheid bly sit, tref die ware punch line my toe teen die kop: Hulle is ernstig!
Van die ander in die sirkel begin toe instemmend hulle koppe te knik. Van die ander wat al tevore die SONDE van UITGAAN gepleeg het, laat sak weer hul hoofde in skaamte.
Ek - die 'nuwe ou' - wil net lag.
Toe ek later my mening gelig het dat uitgaan mens baie oor verhoudings kan leer, word ek letterlik gekruisig. Meestal deur die vroomes (lees: lelikes+AMR). Die ander sondebokke het net ietwat weg van my geskuif ( bly dat iemand uitgesonder kan word vir die SONDE).
Toe ek daar opstaan en loop, het ek my eie koers ingeslaan.
Agter my het die res gebly.
Hulle het seker dadelik vir my begin bid.