Friday, September 28, 2007

Koffie

"Koffie, Koffie! Anders val ek om..."
DiƩ ware woorde meul dronkweg
In die sirkus tent
Wat deesdae so gereeld in my breins plak
Ja, my lekker soet-bitter bruin bekertjie,
Kom week my koue gemoed!
Jy maak weer van my 'n smeulstofie,
En dis goed
Dis mos weer Winter se tyd.

Kom ons praat Groot Dinge
Ek en Jy
Soos Seerower kapteins
Volg ons skepe die konsternasies se sterre
Of sterte?
(Kyk hoe gooi ek vir jou 'n Betekenisvolle Frons
Om te wys: Dis Diep Dinge waarom ons nou Praat!)

Ek onthou nou weer die Bekertjie vol Nabyheid
Ons eerste afspraak by Elsie's
Saam het ons gehurk en ribbes gevryf
Om die gloed
En toe begin die bloed
Bietjie lekker saam klop
En kort voor lank
Vryf ons mekaar se ribbes!
Aitsa!
(Ja, Eva.
Jy is alewig doenig met my ribbes...)

Jy weet,
Die Winter is 'n romantiese seisoen
Hy kruisig homself
As ons gemene vyand
En glimlag skelmpies
Buite in die straat
Waar hy ons beloer deur die venster
Van ons seerower kajuit.

Maar jammer ek val jou in die rede
Vertel my weer,
vir die hoeveelste keer
Jou Plan vir ons volgende Avontuur,
Kaptein!
Ons het alles wat ons nodig het
Mekaar
En twee bekertjies Droom-brandstof...