Sunday, March 26, 2006

Blou Valkie

Goue spatsels vlek en spring vanaf die glas tot op my hand
Terwyl ek die blou valkie deur ons kombuis venster beloer
Die blou beveerde Stratosjagter troon statig oor sy karkas
My hand begin na die kraan te soek en rond te tas
Nie veel groter as my vuis sit hy - 'n monument van ganse beheer
Ons agterplaas word só, elke middag beleer

Friday, March 10, 2006

Dag en Nag

Die walms wieg verleidelik op die son-gebakte vlakte
My are klop sterk onder die bruin van my hand
Die ryer en gemsbok dwaal gerus hier dan daar
Ek ruik die sweet-en-bos-en-blou lug
Ek lag, my hemp is oop en vuil
Maar ek gee nie om nie
Ek kyk weer om my rond;
Die mure staan en blokkeer die wêreld, asemloos
Die hand wat die papier vashou smelt vaal saam
Mens en masjien skreeu saam en teen en oor mekaar
Gemors en kar ruk aan my neusgate tot ek snak na lug
My hemp is toe en ge-das, bedek met 'n jas
En ek gee nie meer om nie