Saturday, November 04, 2006

Totius

Ek het Totius se "Passieblomme" digbundel in die hande gekry. Hy het dit geskryf om die dood van twee van sy kinders te verwerk.
Wat 'n meester.
Wat 'n onwrikbare geloof.
Hoe kan iemand wat so baie hartseer moes deurmaak nog aanhou glo aan 'n Liefdevolle Skepper?
Die toetse wat hy moes deurmaak sou te groot gewees het vir my.
Ek het nie helfde sy innerlike krag nie.
Dus lees ek Totius met bewondering, hartseer, en op die ou dag...
... 'n bietjie meer moed.

PS. Ek wonder wat Totius sou dink as ek 'n TOTIUS tattoo sou kry...?

No comments: