Sunday, November 25, 2007

Massa Mens

no name brand oë bekyk -

soos twee stil mane
vanuit
'n no name brand gesig
gevorm vanuit 'n stille keel
wat net vanuit 'n kraag kan uiter
saam gelas deur 'n
no name brand das
no name brand pak
no name brand lewe
'n linoneum vloer bestaan
waar niks 'my' is -

na Brad Pitt
en Jolie
op 'n voorblad
van People Magazine.

Wednesday, November 21, 2007

1994 Jan van Riebeeck Hoërskool CSV aand

Toe ek vir een jaar op Jan van Riebeeck Hoërskool in Kaapstad skool gegaan het, het iemand my uitgenooi om die CSV aand by te woon.
Die aand het lekker begin. Ek, die ver-Engelsde ex-Table Viewer, was geleer om te 'Two-Step'. En nie sommer deur enigeiemand nie!
O nee. Deur Ann-Margaret Ravenscroft (of so iets). Sy was pragtig.
Twee van my nuwe goeie vriende was erg verlief op haar.
Al drie van ons moes ongelukkig tevrede wees met die droom weergawe van AMR, omdat sy nie 'geglo het in dating nie'.
Vir my was hierdie idee redelik...uniek, maar ek sou vinnig die teendeel van hoe 'uniek' dit werklik was, leer.
Na al die gedans dans al om die rondte lat die sweet so tap junne maar sy het 'n fietse lyfie ens ens. kom die twee gas sprekers aan die beurt.

Nou, julle weet mos daardie die Hari-Krisnas? Hulle bied jou een van hulle boeke verniet aan. Dan as jy, na vele ontwykings, tog ingee en een aanvaar, vra hulle 'maybe you could just donate something?"
Dan kyk jy in jou beursie. Net vyf rand. Jy haal dit uit en die ou kyk vir jou so jammer aan in stilte dat jy genoodsaak voel om maar weer te gaan krap in daardie beursie.

R8.24

Lang storie kort - die ouens gaan nie jou 'n boek 'skenk' in ruil vir 'n donasie van minder as R20 nie.

Daardie CSV aand was dit dieselfde storie. 'n Aand wat sommer bakgat weggespring het, vol van avontuur en belofte, raak toe al hoe suurder en suurder. Om die waarheid te se, na die einde van hierdie aand het ek op 'n Christelike hiatus van ten minste drie jaar gegaan.

Hier's hoekom:
Hierdie vale paartjie sit toe daar saam met ons op die vloer en begin te praat. Hulle praat oor die gevare van 'uitgaan' en gruwel stories oor swanger raak en hoe seuns meisies misbruik.
Die vraag ontstaan toe mettertyd oor hoe hulle dan bymekaar uitgekom het.
Wel, hulle was voorbereid op hierdie vraag.
Sannie(Kom ons noem haar Sannie): "Ek het een aan begin bid en bid. Ek het op my kniee gegaan en die liewe Here gevra om vir my 'n man uit te soek."
(OK, dis nog nie so erg nie, maar wag:)

"Toe lui die deurklokkie"
"Ek gaan toe en maak die deur oop, en daar staan hierdie wildvreemde man voor my. Sy eerste woorde was: 'Ek dink ek is veronderstel om met jou eendag te trou.'"
Doodse stilte.
Ek wag.
Vir die punch line.
Toe dit nie kom nie, toe beide net daar in 'n aura van ernstigheid en vroomheid bly sit, tref die ware punch line my toe teen die kop: Hulle is ernstig!
Van die ander in die sirkel begin toe instemmend hulle koppe te knik. Van die ander wat al tevore die SONDE van UITGAAN gepleeg het, laat sak weer hul hoofde in skaamte.
Ek - die 'nuwe ou' - wil net lag.
Toe ek later my mening gelig het dat uitgaan mens baie oor verhoudings kan leer, word ek letterlik gekruisig. Meestal deur die vroomes (lees: lelikes+AMR). Die ander sondebokke het net ietwat weg van my geskuif ( bly dat iemand uitgesonder kan word vir die SONDE).
Toe ek daar opstaan en loop, het ek my eie koers ingeslaan.
Agter my het die res gebly.
Hulle het seker dadelik vir my begin bid.

Thursday, October 11, 2007

Op die rand


Op ons kampeer stoel sit ek en stop Rum and Maple tabak. Verreweg my gunsteling.
Op die tweede verdieping van die woonstel is dit effe koel op die balkon vannaand. Ou Man Winter is besig om te loer na ons.
Hierdie stook-proses streel my gemoed op 'n amper fisiese-geestelike vlak. Die filter kom eerste, skroef pyp toe, frommel 'n bolletjie twak en stop, wysvinger eerste, middelvinger laaste...
Ek kroek vannaand. Gebruik die Bic inpleks van vuurhoutjies.
(Vuur-houtjies: Snaakse woord!)
Die son trek water oor die sederbome, daar doer teen die bult. Sy goue lig is maar leeg van hitte.
Tog, die wolke gloei weer roospienk, goud en purpur.
Dit is meteens goddelik én apokalipties.
Die Son is nou op sy eie gewandel oor die Stille Oseaan uit. More groet ons miskien weer vir mekaar, as die wolke net nie weer met sy betogings-eenheid hier opdaag nie.
Ja, as mense praat van "die Weste" of "weswaarts", met duim of kopknik miskien beduie, dan wys hulle as te ware na waar ek nou hier sit en rook.
So sit ek op my balkon, wat uitkyk oor die rand van die kaart. Hier op die rand van die wêreld. Hier is ek die een wat 'goeienag'-sê vir die Son, aan die ander kant sit daar seker iemand op 'n balkon in Japan en sê 'goeiemore'.
Die twak proe maar efferig, maar dit skeel my min.

Saturday, October 06, 2007

Straatlig sentinel


Die jas, das en tas is gom
Las stuk-stuk die man - hy sluk
Stilswyend met die lig alom
Koekon
Te midde die see van pik
Donker
Oë versonke
Wip weer heen en weer
Ingehok
Onder hierdie skil
Sit 'n sweer
Of nog 'n skil

Thursday, October 04, 2007

Het Kruis

In okerbruin skemerte gehul
sit skugter skoolbanke toebek en stil
........ons lippesaamgesnoer
deur molasse skadu's wat loer
en my heilige-grond-stilte vereis

sssh!
........wie durf dié donker kul?
Koue tektoniese plate
bedek met bloekom blare
verklap die jare
sedert lewendiges laas hier
........'aanwesig' was.
in muwwe groen geel bane
hang alles uiteindelik nou gedane
Verliefdes, verveeldes, en drome

..........stof atome...

Friday, September 28, 2007

Koffie

"Koffie, Koffie! Anders val ek om..."
Dié ware woorde meul dronkweg
In die sirkus tent
Wat deesdae so gereeld in my breins plak
Ja, my lekker soet-bitter bruin bekertjie,
Kom week my koue gemoed!
Jy maak weer van my 'n smeulstofie,
En dis goed
Dis mos weer Winter se tyd.

Kom ons praat Groot Dinge
Ek en Jy
Soos Seerower kapteins
Volg ons skepe die konsternasies se sterre
Of sterte?
(Kyk hoe gooi ek vir jou 'n Betekenisvolle Frons
Om te wys: Dis Diep Dinge waarom ons nou Praat!)

Ek onthou nou weer die Bekertjie vol Nabyheid
Ons eerste afspraak by Elsie's
Saam het ons gehurk en ribbes gevryf
Om die gloed
En toe begin die bloed
Bietjie lekker saam klop
En kort voor lank
Vryf ons mekaar se ribbes!
Aitsa!
(Ja, Eva.
Jy is alewig doenig met my ribbes...)

Jy weet,
Die Winter is 'n romantiese seisoen
Hy kruisig homself
As ons gemene vyand
En glimlag skelmpies
Buite in die straat
Waar hy ons beloer deur die venster
Van ons seerower kajuit.

Maar jammer ek val jou in die rede
Vertel my weer,
vir die hoeveelste keer
Jou Plan vir ons volgende Avontuur,
Kaptein!
Ons het alles wat ons nodig het
Mekaar
En twee bekertjies Droom-brandstof...

Sunday, August 19, 2007

Suiwer

Oë sluk dronkweg sporadies
Oor haar tepels en hoendervleis
Dis koud agter die tralies
Waar note soos skote vreterig nóg eis

En Svetlana gooi hulle nog 'n stukkie
So tergend deur die opening
Van haar klein hokkie
En agter dooie oë kring...

'n Meisie met ouers en 'n hond

Oor en oor
Dit wek die krag agter haar glimlag
Vir diegene wat dit ooit hier opmerk

'n Honderd Rand skoot seil
Raak-raak oor haar dye tot tussen rooi stilette
Sy buig laag oor en tel dit stadig op
En haar vleis word verorber in ekstase...

Monday, April 23, 2007

Sondagmiddag

Hier
in die middagson
waar ek
agter appels en piesangs
langs die tafel gewortel sit
hier
loer ek na jou

Doer
in die skemer se arms
al dwalend tussen blaaie
van nog 'n boek
nog 'n formule
ken jy selfs die naam
van jou jongste riller?
Ek wonder

Waar en wanneer
Ons twee weer sal ontmoet.