Die skim gloei
- vir 'n oomblik -
in die blou van die maan
tussen ou bome en jong struike
glip hy tussen die skadu's van Tyd
Kyk om en hy's weg
Kyk weer na vore en hy's terug
(met 'n sug van genoegdoening)
my aankomende ewigheids versoening
ek hoor hoe klop
'n brose onewigheid
soos 'n vlinder in my bors
binnekort kom hy met die sleutel
om die vlinder te verlos
Saturday, November 25, 2006
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Dankie Dignet. Ek het een van jou gedigte op www.potgooi.ca se Episode 4 gelees. Heelwat meer as 'n 170 mense het nou al dit gehoor.
Groete
Post a Comment