Sunday, August 19, 2007

Suiwer

Oë sluk dronkweg sporadies
Oor haar tepels en hoendervleis
Dis koud agter die tralies
Waar note soos skote vreterig nóg eis

En Svetlana gooi hulle nog 'n stukkie
So tergend deur die opening
Van haar klein hokkie
En agter dooie oë kring...

'n Meisie met ouers en 'n hond

Oor en oor
Dit wek die krag agter haar glimlag
Vir diegene wat dit ooit hier opmerk

'n Honderd Rand skoot seil
Raak-raak oor haar dye tot tussen rooi stilette
Sy buig laag oor en tel dit stadig op
En haar vleis word verorber in ekstase...

4 comments:

Anonymous said...

excel Eben!! goed om weer iets te lees- en hierdie ene is besonders, sal 'n paar keer moet lees.. ek kyk ook elke dan en wan of jy iets gewrite het, rerig 'n plesier om 'n uitstaande poem te lees :)

Anonymous said...

hello eben.. wanner sien ons weer 'n painting of ietsie, mmmmmmmm? solank jy inspired VOEL daar in kanada, dit lyk beslis soos 'n moerse cool plek, ag wat ek nie v 'n bietjie vars lug sal gee nie..

Anonymous said...

dit laat my effe lus vir rooi stilleto's.

Eben van Renen said...

Dankie dignet. En dankie dat jy my laat lag het, Ilo. Ek skryf nog gereeld, maar meestal kort stories. Ek sal probeer om ietsie anders hier te plaas.