Monday, October 30, 2006

26 Sekonde vrou



Sy het 18 jaar gehad
Geheues en geluk
Trane en gesprekke
Al die klein dramatjies
Wat ons so inmekaar vleg

En toe eendag kom daar iets
Iets - nie iemand
En gryp haar weg
En haar laaste oomblikke
Was langer as 18 jaar

Hel is vir ewig
'n rooi Ink wat bloei
En syfer oor die bladsye
van ons kort lewens
'n Wanhoop virus

Amandla! - (Cry My Beloved Country)

Monday, October 16, 2006

My kuns webwerf werk! My Art website works!


Gaan loer daar!!
Go check it out!!
http://www.vanrenenart.com

Tuesday, October 03, 2006

Episode1: Kan Eben Potgooi?

Hel, kom ons probeer. Kliek hier!
Dankie aan Glen van die ZA Show, Johan van potgooi.eu, en Boerseun vir al hulle hulp en ondersteuning.
Gee my 'n verf doek en olie verf of 'n mikrofoon en kitaar en ek is ok, maar sit my voor 'n rekenaar en sien hoe die bloeddruk die hoogtes opskiet...
Sonder die ouens sou ek nooit dit kon doen nie!!!!

e
Terloops. "Fritz" is my gunsteling held van klein tyds af (Luitenant Fritz Deelman boeke deur Leon Rousseau.)
Skryf gerus in op my RSS feed hier onder op die 'icon'!

Eben se Potgooi