Monday, December 15, 2008

Maar

Maar die jou-jou het losgeskeur
Sonder trane sonder treur
(Al was dit seer)
En Aardse braak
Het 'n Eiland gemaak
En niemand kon die lawa keer.

G ek

Tussen die onse lê 'n ek
Destyds in stof bedek
Uitgestrek
Voor Coca-Cola konsep
Drie - enig en vet.

My strand ook

Mens stap oor die drumpel duine
Strompel, kniel vooroor
Terwyl die Hemelglans
Van engele met wolk titane
Op die goue horison dans.

Sunday, July 20, 2008

Jou liefde wanneer dit kom

Jou liefde wanneer dit kom
kleef aan my
deurweek my met skuldgevoel
van my private stoeiery
ongesiends?
Of het ek jou waaksaam
bespied
Die loer
Agter sulke fronse broei
vermoedes
En agter my - die lyke
verstrooid
Bebloedes van gister
Die skille van uitgeworpe oomblikke
En wat word van my verwag?
Sekerheid?

Friday, April 11, 2008

Gletser

Oor die marmer wil my voete knars
blou koepel wit rivier
onder vrede wil spelonke bars
die kelders van die koue dier

Tiener

Jy loop so onseker onvas haastig op
Pad, weg na erens anders
Jy dink jy vlug so
Graag wil jy bestaan maar
Die moeras eendersheid ‘n
Sop waarin jy verdrink wat jy
Help skink en oplaas as almal
Die laaste blerrie ene
Ook ophou dink
Dan kyk ons vir mekaar
Dan kyk ons vir onsself
En soek na iets enigeiets
Wat kan uitstaan agter die
Glans die hoofletters en
! @ "" Maar nie die ?
Dan word ons ouer en
klere grouer al vergryp sommige so
verbete die slete van hul verlede
wat weerkaats in brandies tussen
moeë hande op plastiek
tafeldoek langs selfhelp boek
selfbehep te selfverlore
en onder die geel lig waar oë
verdonker sal jy onthou
en wonder
oor jou stryd na niksheid

Sunday, March 02, 2008

Sondebok

Sondebok,
Jou misrabele ding
Dis vir jou wie die hellekoor
Vannaand gaan sing

Jou elke fout
Word luid ontbloot
Tot SO benoud
Trek liewer self die skoot

Die vingers wys
Die kwylle reën
Kom brand sy huis
En slag sy seuns

O Sondebok
Jou nuttige ding
Dis vir jou wie die hellekoor
Al-tyd sal sing

(Vir alle gruwels en probleme, sondes en flaters,
Laai maar net op die skouers van Afrikaners)

{Een idiotiese pis-video is nie = aan meer as 1500 plaasmoorde/verkragtings/martelinge nie. Dankie vir die gebalanseerde verslaggewing Yahoo, en al die Britse koerante...}

Thursday, February 14, 2008

Tale of Two Continents

Die Here moet nou help
Of te laat?
Miskien.
Heimwee kanker-roes
my ingewande
kanniemeer
In twee geskeur
Halwe mens in veiligheid
of Heeltemal in die duister?

Watse keuse is dit dié?
En as hierdie wurg
My laaste geloof onthoof
Met wie praat ek dán
Wié?

Monday, January 21, 2008

Die Knieër

Kniediep tussen bakke en lyste
Knak en knetter die knieër se kneukels
Are en meel lê op die arms en vuiste
Die wit is ritmies gehul in die duister

Die tande die kners
Op die tafel een kers
Wat flikker en dans
'n Bitter séance

Voor kake van yster oopgegooi
Talm die knieër voor die hitte 'n ruk
Die vure smeul en beveel en hy gooi
Die sagte verdwyn, in tonge van rooi.

Wednesday, January 09, 2008

Die eerlike kroeg

"Junne, ek hou van jou Skil"
"Skil? Jy meen soos Dop?"
"O ja, net soos Dop. Ek noem myne liewer 'Skil', dit laat my
minder aan my skooldae dink as 'Dop'."
"Wel, dankie. Joune is ook mooi. Wanneer het jy dit gekry?"
"Myne is 'n 76 model. En joune as ek mag vra?"
"78"
"Ja, baie mooi lyne. Ek hou van die bulte, dit laat my arme DNA bokspring"
"Ha, dankie jong. Hoekom arme DNA?"
"Wel, die voortplanting programeering is so ouderwets deesdae. Daar is mos genoeg van ons op hierdie arme planeet!"
"Nogal. Hoe hou jy jou Dop - jammer - Skil, in werkende orde? Die bakwerk lyk besonders stewig gebou... ja, daar voel ek nou my eie DNA ook roer." (Bloos)
"Ag, jy weet mos. Daaglikse oefensessies en goeie gehalte brandstof ten minste elke vier uur. Sover werk dit goed om ekstra bagasie van die bakwerk af te hou, en die enjin loop glad."
"Klink dieselfde as my onderhoudsprogram."
"So..."
"So..."


"Jou garage of myne?"