Monday, January 21, 2008

Die Knieër

Kniediep tussen bakke en lyste
Knak en knetter die knieër se kneukels
Are en meel lê op die arms en vuiste
Die wit is ritmies gehul in die duister

Die tande die kners
Op die tafel een kers
Wat flikker en dans
'n Bitter séance

Voor kake van yster oopgegooi
Talm die knieër voor die hitte 'n ruk
Die vure smeul en beveel en hy gooi
Die sagte verdwyn, in tonge van rooi.

2 comments:

Anonymous said...

"Are en meel lê op die arms en vuiste
Die wit is ritmies gehul in die duister"

baie cool, hierdie ene Eben..mens sien sommer die hele proses visually afspeel..

Eben van Renen said...

Dankie dignet!