Sunday, August 19, 2007

Suiwer

Oë sluk dronkweg sporadies
Oor haar tepels en hoendervleis
Dis koud agter die tralies
Waar note soos skote vreterig nóg eis

En Svetlana gooi hulle nog 'n stukkie
So tergend deur die opening
Van haar klein hokkie
En agter dooie oë kring...

'n Meisie met ouers en 'n hond

Oor en oor
Dit wek die krag agter haar glimlag
Vir diegene wat dit ooit hier opmerk

'n Honderd Rand skoot seil
Raak-raak oor haar dye tot tussen rooi stilette
Sy buig laag oor en tel dit stadig op
En haar vleis word verorber in ekstase...