Tuesday, January 10, 2006

1. Een

Wat is een met my?
Vra die brokkelende man
Terwyl hy gehurk sit op die wal
Langs die rivier wat deur die aarde sny.

Soos my droom helderheid
‘n Gemors, ‘n getuimel
Wat is werklik in dié geskuimel...
Werklik?

En antwoorde sal nooit kom
van dié gepeins
Die wal beweeg en die water staan stil
Dis simpel

Soos twee treine
met hul passasiers mors.