Monday, October 30, 2006

26 Sekonde vrou



Sy het 18 jaar gehad
Geheues en geluk
Trane en gesprekke
Al die klein dramatjies
Wat ons so inmekaar vleg

En toe eendag kom daar iets
Iets - nie iemand
En gryp haar weg
En haar laaste oomblikke
Was langer as 18 jaar

Hel is vir ewig
'n rooi Ink wat bloei
En syfer oor die bladsye
van ons kort lewens
'n Wanhoop virus

Amandla! - (Cry My Beloved Country)

5 comments:

Anonymous said...

Luister vriend die gedig is in 'n klas van sy eie dit is absoluut briljant!! Ek dig al self vir 15 jaar en het gehoor van die blog by 'n vriend van my! En al wat ek vra is dat jy nooit ophou dig nie!

Meesterstuk!!!!

Eben van Renen said...

Dankie dignet en anonymous, hierdie gedig en skildery maak seer as ek dit lees en na kyk. Die skildeery het my 'n lang tyd gevat om te voltooi - en het my deurgaans depressief gehou. Ek steek dit erens weg in my huis sodat ek dit nie sien nie. Die gedig het ek geskryf (selfde titel) terwyl ek na die skildery gekyk het.
Ek glo dat ons mans baie soos ek is met hierdie skildery en gedig; ons kry so seer wanneer ons dit (die werklikhede wat dit simboliseer) in die gesig te staar, dat ons wil swyg en dit weg wil steek.
Maar ek forseer myself om dit te oor te peins, te verf, en daarna te kyk. Want op die ou end van die dag is die skildery steeds daar, in die donkertes van ons spaarkamer.

Anonymous said...

Ooo ... Dali-esk met al die diep rooie ... wonderlik. Ek wonder altyd hoe mens maak met gedigte en skilderye wat so perfek pas - raam mens hulle saam? Mens het amper 'n unieke raam nodig - met 'n venstertjie onder, vir die gedig (wanneer jy gereed is om hom uit die spaarkamer uit te bring). 'n Lieflike skildery. Het jy nog? Ek moet die gedig nog bietjie bepeins. - Rozanne

Eben van Renen said...

Baie dankie Rozanne. Ja, ek gaan uitstal een van die dae en hierdie gedig gaan uitgestal word onder die skildery.
Daar moet ook 'n Engelse weergawe hiervan wees sodat die Kanadeers dit kan begryp.

Eben van Renen said...

O ja, vir my ander skilderye besigtig gerus my kuns webwerf http://www.vanrenenart.com