Tuesday, October 03, 2006

Episode1: Kan Eben Potgooi?

Hel, kom ons probeer. Kliek hier!
Dankie aan Glen van die ZA Show, Johan van potgooi.eu, en Boerseun vir al hulle hulp en ondersteuning.
Gee my 'n verf doek en olie verf of 'n mikrofoon en kitaar en ek is ok, maar sit my voor 'n rekenaar en sien hoe die bloeddruk die hoogtes opskiet...
Sonder die ouens sou ek nooit dit kon doen nie!!!!

e
Terloops. "Fritz" is my gunsteling held van klein tyds af (Luitenant Fritz Deelman boeke deur Leon Rousseau.)
Skryf gerus in op my RSS feed hier onder op die 'icon'!

Eben se Potgooi

15 comments:

Klei Lat de Vries said...

Ek sien jou potgooi is op, het nog nie geluister nie, maar sal sodra ek by die huis kom.

Het jy n RSS feed ook opgestel, dat jy dit op iTunes kan uitsit ?

Eben van Renen said...

nog nie, sal vandag probeer...

Eben van Renen said...

wag, ek het 'n RSS feed met feedburner opgestel gister!

Glen said...

Hey Eben,

Dit is sommer lekker om te hoor dat jy nou jou potgooi begin het. Ek is besig om daarna te luister.

Jou klank gehalte is uitsteekend! Hou dit op!

Klei Lat de Vries said...

Eben, ek hoop jy het baie tips by Glen gekry toe jy in die Kaap was ..... ek kan nie wag om by die huis te kom en te luister nie....

Jy moet jou feeburner link nou in iTunes ook insit, sodat ons dit in iTunes kan aflaai, en dan jou feedburner link ook publish, sodat ons weet as jy (hopelik) elke week (of 2) n nuwe potgooi opsit.

Ek het die res van die Potgooiers ook n email gestuur oor jou potgooi, en hopelik sal hulle almal vir jou n link opsit op hulle websites.

Eben van Renen said...

Stadig stadig!!! WOW, my brein is al uitgebrand an gister. Ek het my podcast op iTunes geplaas, maar ek weet nie of dit al werk nie. Die res van die denge waarvan jy praat maak my kop spin.
Dankie Glen vir al die hulp. Ek gaan volgende potgooi oor ons kuiertjie by die mug en bean gesels.

Klei Lat said...

Jou eerste potgooi is n reuse sukses ! Ek het dit regtig baie geniet om na dit te luister.

Aan n beter woord vir n orkes kan ek nie aan dink op die oomblik nie ?

Anway, lekker gewees om na jou te luister, en ek hoop ons gaan meer gereeld van jou hoor uit Kanada uit !

Alexander said...

Hej, dis goed om jou weer te hoor en ek hoop julle Kanada geniet. Ek sal dit op my blog bevorder.

Eben van Renen said...

Weereens baie dankie aan al julle ouens. Luister, ek het 'n heel paar foute gemaak en te veel "uhm" gese, ha ha ha, maar ek sal volgende keer my pot notas beter uitskryf. Ek weet nou net nie hoe om die RSS icon onder die Episode te plaas nie!

Klei Lat said...

As ek reg ondou is daar n stuk code wat jy kan download op Feedburner, en dan op jou Blog sit.

Ander maak n link, ie "Feedburner Link" en hyperlink dit na feedburner toe.

(maak dit sin ?)

n %^$%*% Opel, nee man ..... maar ek het gelag, dit was snaaks gewees.

dignet said...

excellent eben, voorwaar 'n goeie idee.. ons het lekker gesit en luister na jou kletsery, sien uit na die volgende ene (miskien kan jy dan minder oor karre praat, haha grappie- baie cool gewees om die 'onderdele van motors' in afrikaans te hoor, nie geweet daar is sulke woorde nie!)

Anonymous said...

ha ha! dankie dignet! ek sal bietjie meer oor digkuns praat!

groete
evr

Olaf said...

Ek het dit geniet, Eben. Hoe lyk dit met 'n paar Afrikaanse liedjies?

Etienne said...

Danksy Johan van potgooi.eu wat my die rssfeed gegee het kon ek vandag na jou potgooi luister. Jy kan definitief potgooi, ek sien uit na die volgende episode! My Opel Cub was nie heeltemal so 'n disaster soos jou Monza nie, toevallig het ek hom ook ingeruil vir R10 000 baie jare gelede. Nogals op 'n Renault. Nou's ek 'n groot Franse motor aanhanger. Trek al by die tweede Renault. My vrou egter hou van die Japanese motors soos jy, sy sê hoeka al 'n geruime tyd dat haar volgende motor 'n Honda gaan wees.

Vertel ons bietjie meer van British Columbia, ek weet bittermin daarvan.

cybersakkie

Anonymous said...

Heh heh. My eerste kar was 'n Renault TS5 gewees. Ek was versot op daardie kar gewees. Hy het sy eie interresante storie gehad. Maar ek sal definitief oor BC volgende keer praat.
Dankie vir die kommentaar.