Jy het my ontvou
Met my Melkbosstrand jeug
My Pa se trots
En my Ma se hande wat opbou
Maar wat dan van die krete in die nag?
Die vroue en kinders wat wag...
Wag... en swik
Onder jou stilte, jou Vyand
Vry om hulle te jag
Jy het my vereer
My 'n jonge Taal gegee
'n Asem vir my ou siel
'n ewige Salf vir die seer
Maar deur die ewige nag van die verslindes
Luister wie?
En wie tel hulle op?
Hulle het niks oor nie
En Jy is 'n plafon bo die bed
Sonder antwoorde, sonder gesig
Hoekom het jy my gekies?
En ek verstaan nie jou nie.
Sunday, May 28, 2006
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 comments:
Dankie Dignet. Hierdie ene het ek maar vinnig geskryf. Ek wou doelbewus uiting geen aan my liefde vir die Taal, maar al die leed wat daar in Suid-Afrika wag boelie toe sy donker gesig tot binne die kern van my gedig.
sjoe... daar is 'n paar duisend gedagtes wat gelyk uit my kop wil spring.
... en dan is daar die identifiseer.
Natuurlik daai tweede lyn in die eerste strofe - die strand met koeberg in die agtergrond regs, en die berg links... sug...
en dan die krete in die nag...
HOEKOM HET JY MY GEKIES? en dan op so 'n wyse gekies? dat jy liefhet...
ek identifiseer baie, love die onderwerp, beautiful poem.
Dankie ilo, soos ek hierbo gese het, dit lyk of ek baie sukkel om gevoelens soos verlange, hartseer, bitterheid en woede uit my gedigte aangaande Suid-Afrika te haal. Selfs as ek doelbewus sit en probeer om positief te dig - kom my ware gevoelens te sterk deur. Ek skat ek is nie 'n goeie akteur nie.
Post a Comment