Monday, July 03, 2006

Tot volgende keer

As ek 'n berg was
Sou ek jou met al my rotse
My bosse en kranse
Spoorloos laat verdwyn het

As ek die koue see was
Sou my branders hul wit arms
Jou om jou keel beet gekry het
En in my diepe kelder verslind het


Maar die Berg doem swyend op
Sy takke en rotse ken geen grein
Van die mens se natuur
Die See se siklus breek en bou
Ignoreer my wraak en planne
Soos skuim in die Weskuswind

Dus sal ek wag vir die dag
Wanneer ek ook deel van die elemente is
My takke sal ek versteur en jou uitsoek
My siklus sal skielik verander
En jou kinders se kinders
Sal die Frats nie sien kom nie.

No comments: