Goue spatsels vlek en spring vanaf die glas tot op my hand
Terwyl ek die blou valkie deur ons kombuis venster beloer
Die blou beveerde Stratosjagter troon statig oor sy karkas
My hand begin na die kraan te soek en rond te tas
Nie veel groter as my vuis sit hy - 'n monument van ganse beheer
Ons agterplaas word só, elke middag beleer
Sunday, March 26, 2006
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
7 comments:
kort/kragtig.. sal daai twee lyne dophou :)
Dankie, ons sal sien waar dir gaan.
ek dig die laaste 2 lyne baie.. miskien is dit 'n excellent skryftegniek (na nadenke) want dit maak elke versreel vreeslik kompak/veelseggend..baie goed
Lekker om weer iets uit jou pen te lees!
brilliant Eben- dis soos om die vleis om 'n karkas te sien aanpak- en elke lyn spreek vir homself, maar saam met die wysie :0
Ek moet se ek vind hierdie oefening baie frustreerend! Tog waardevol. En frustreerend...
ek sou reken dat dit moeilik is om die initial flow of thought te onderbreek/limit tot twee lyne- aan die anderkant dwing dit jou seker om meer innovative te wees..
Post a Comment