Sunday, March 26, 2006

Blou Valkie

Goue spatsels vlek en spring vanaf die glas tot op my hand
Terwyl ek die blou valkie deur ons kombuis venster beloer
Die blou beveerde Stratosjagter troon statig oor sy karkas
My hand begin na die kraan te soek en rond te tas
Nie veel groter as my vuis sit hy - 'n monument van ganse beheer
Ons agterplaas word só, elke middag beleer

3 comments:

Eben van Renen said...

Dankie, ons sal sien waar dir gaan.

Anonymous said...

Lekker om weer iets uit jou pen te lees!

Eben van Renen said...

Ek moet se ek vind hierdie oefening baie frustreerend! Tog waardevol. En frustreerend...