Friday, March 10, 2006

Dag en Nag

Die walms wieg verleidelik op die son-gebakte vlakte
My are klop sterk onder die bruin van my hand
Die ryer en gemsbok dwaal gerus hier dan daar
Ek ruik die sweet-en-bos-en-blou lug
Ek lag, my hemp is oop en vuil
Maar ek gee nie om nie
Ek kyk weer om my rond;
Die mure staan en blokkeer die wêreld, asemloos
Die hand wat die papier vashou smelt vaal saam
Mens en masjien skreeu saam en teen en oor mekaar
Gemors en kar ruk aan my neusgate tot ek snak na lug
My hemp is toe en ge-das, bedek met 'n jas
En ek gee nie meer om nie

3 comments:

Anonymous said...

Ek wou ook sê ek bespeur hier 'n effense tou trek tussen die son-gebakte vlakte en toe ge-jasde das!

Baie baie goed beskryf. Dit is great om weer iets van jou te lees!

Eben van Renen said...

dankie. op die oomblik gaan dinge maar stadig op hierdie front vir my. ek wil graag he dat my volgende gedig 'n natuur gedig moet wees. Ek het nog nooit ene geskryf nie, en ek dink dit sal my redelik toets.

Eben van Renen said...

Met hierdie gedig was ek geintresseerd in teenstellings. Oor die algemeen het elke lyn van die eerste strofe 'n teenstelling in die tweede.