Daar was 'n man gewees
Wat op 'n klip gesit het
en vergeefs gebid het.
Daar was 'n vrou gewees
Wat in die lang gras gekrul was
en omvou het Wat Was.
Hulle oë was toe gelas
Deur gebeure uit 'n donker kas
Die enigste ander verbintenis was
Dat hulle altwee saam alleen was.
Tuesday, February 07, 2006
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 comments:
Eben, my goeie, goeie aarde. Dit is BEAUTIFUL!!!! En soveel eerlikheid wat daarin is. Ek dink dit is miskien wat my so strike van jou poetry. Dit is SO real, so eerlik...
Dankie, as dinge sleg gaan, is dit soos manna vir 'n digter. As dinge goed gaan, leef mens deur ander mense se pyn. Ons is maar 'n siek spesie...? Dankie vir die aanmoediging, julle twee.
very very true. iewers lank terug het iemand my gevra of alle poets donker siele is? Ek weet nie, ek wil voel dat my siel darem oomblikke van lig tussen die donker ervaar en dat ek daarin tog ook inspirasie kan vind. Wat ek wel voel is dat skrywers die wereld anders ervaar, dat hulle op 'n manier mense en hul emosies ervaar. Dat hulle fantastiese kreatiwiteit het en/of dat hulle uitstekende waarnemers is.
Post a Comment