Wat is een met my?
Vra die brokkelende man
Terwyl hy gehurk sit op die wal
Langs die rivier wat deur die aarde sny.
Soos my droom helderheid
‘n Gemors, ‘n getuimel
Wat is werklik in dié geskuimel...
Werklik?
En antwoorde sal nooit kom
van dié gepeins
Die wal beweeg en die water staan stil
Dis simpel
Soos twee treine
met hul passasiers mors.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
7 comments:
uitstekende gedig, Eben.. die eerste strofe lees so glad soos 'n spoelklip, so vloeiend!, great intro. en die beelde wat jy gebruik- very imaginative, mens kan die scenario voor jou sien afspeel, baie effektief. en die konklusie is striking, nie 'n woord te veel gebruik nie.
ps. het jy 'n earlier poem ge-edit? die laaste twee lyne klink so vaaaaagweg bekend
korrek! ek het so bietjie geskaaf aan 'n vorige gedig "'n Toonspel, 'n Skou".
Hierdie gedig se begin is anders, asook so 'n reel of twee op ander plekke.
Bly jy hou van die laaste deeltjie.
Ek weet nie wat is beter nie - die filosofie of die woordspel. Ek love die eerste strofe se 4de lyn. Jy kan dit sien, die woorde teken 'n prentjie - ek sien nie die woorde nie, maar daai rivier!
Ek het lank gesit met die laaste strofe. Filosofies nou. Ek dink ek gaan nog 'n rukkie sit...
Hallo Fritz? is dit jou regte naam, of is dit Eben. gits, ek is nou deurmekaar :) solank jy darm nog in ons midde is! ek sal beslis jou broer se band bietjie op die net uitcheck- interesting naam vir 'n band..
skryf vir ons 'n gediggie Eben :)
ps. eerder; skryf vir jouself 'n gediggie, wat ONS kan lees :)
Post a Comment