Saturday, December 03, 2005

Surings

Hoe moet ek maak?
Gediggies oor Natuur?
Blommetjies geel en suur?

Moet ek dig oor die Liefde?
Die nooi so mooi in rooi?
Van bloos of reguit na die kooi?

Vreemde digters in ander lande
Of eie's van ander tye
Kon skaflik vry oor die lewe seil
Maar God kyk toe, terwyl
Die suurreën my siel bevuil
Swartgekoek
My taal aan skerwe
My drome
My mense onderwerpe
'n Banneling
'n Skuldige ding
Onkruid, suur en gesny.

Die blommetjies van my jeug
'n Voorsmaak vir my ...

2 comments:

Anonymous said...

Sjoe. Alhoewel ek dink die poem baie meer beteken as net die harde realiteit van die lewe en die wêreld (ek voel ook die soeke na die betekenis van wees, asook die soeke na waar Afrika(ner)(ans) wees dan nou inpas, ook hier ter sprake is), is dit op hierdie dag wat daardie realiteit vir my iets beteken.

Dit is veral erg as mooi en onskuldige mense met die reality van die real world te doene kry!

Ek het 'n interessante gesprek met iemand gehad die week. Sy het gesê dat mense in 3 basiese kategoriee ingedeel kan word:
1. Die wat soek na liefde
2. Die wat soek na die waarheid
3. Die wat soek na die betekenis van die lewe.

Hierdie gedig laat my aan kategorie 3 dink.

Laat dit juig!

Dig so voort!

Susynoid said...

Komplimente vir 'n merkwaardige gedig. Die persoonlike belewenis van vervreemding gaan nog baie digwerk inspireer. Dis ook nodig om daaraan uiting te gee. Die 'werklikheid' diskrimeer nie.