Tuesday, November 15, 2005

Wie is ons?

[Hierdie is die lirieke van my eerste Afrikaanse liedjie:]

Dorre vlaktes roep my naam,
In 'n taal wat ek verstaan.

Inmekaar en ingevou,
Nutteloos - ons moet onthou.

Wie is ons?
Wie is ons?

Hierdie hande voel so leeg,
Van-beloftes-sweer en trane pleeg.

As ek maar nog een keer kan,
Vasberade op kan staan.

Wie is ons?
Wie is ons? ( x 2 )

En ek weet nie mooi waar my huis is nie,
Nee ek weet nie mooi waar ek tuis is nie.

Verlede van 'n enkeling,
Môre wag dieselfde ding.

Nes my mense van die wind,
Is ek vry of is ek blind?

Wie is ons?
Wie is ons? ( x 2 )

En ek weet nie mooi waar my huis is nie,
Nee ek weet nie mooi waar ek tuis is nie...

3 comments:

Anonymous said...

Eben, ek kan jou nie sê hoe ongelooflik diep hierdie woorde tot my spreek nie. Het op jou afgekom via Dignet.

Absolutely beautiful.

Anonymous said...

Eben, ek besef nou net wie jy is... my goodness!! Weet nie mooi of ek nou die regte E v R hier beet het nie, Kaapstad, JvR? Melkbosstrand?

Eben van Renen said...

Dis korrek! Die einste. Met wie praat ek dan nou?