Monday, October 31, 2005

Londen op 'n Vrydag

Die soja latté stoom warm lug
'n Beker wat saam salig sug
Terwyl ek uit die winkel skouer
Vas teen die varste winter koue

Die geknars van my Times koerant
Saamgepers in my handskoen hand
Por my aan ná my week se geswoeg
Haastig oor die pad na my Engelse kroeg

Dan het ek my pyp en Duitse bier
Alles raak mos weer rustig hier
En trek ek diep my Suid-Afrikaanse tabak
En haal ek my ouers se brief, uit my sak.

1 comment:

Anonymous said...

Ongelooflik hoe gemaklik jy hier rym. Regtige genuine woorde wat voel...