Die soja latté stoom warm lug
'n Beker wat saam salig sug
Terwyl ek uit die winkel skouer
Vas teen die varste winter koue
Die geknars van my Times koerant
Saamgepers in my handskoen hand
Por my aan ná my week se geswoeg
Haastig oor die pad na my Engelse kroeg
Dan het ek my pyp en Duitse bier
Alles raak mos weer rustig hier
En trek ek diep my Suid-Afrikaanse tabak
En haal ek my ouers se brief, uit my sak.
Monday, October 31, 2005
Friday, October 21, 2005
Onder 'n koue maan.
Vat, glip en vergryp
Ink bloeisels krap vergeefs
Met skarrel-wind woede vergaan hulle
Onder wit brander blaaie
'Ek vrek oor jou'.
Doringbos takke strek peinsend uit
'Ek wag-'n-bietjie hier'
Lag ek vir myself en ril
My leuen is koud en kil
'Dit gaan voor die wind'
Dit gaan voor die wind
Ja.
Lief.
Koud en kil.
Ink bloeisels krap vergeefs
Met skarrel-wind woede vergaan hulle
Onder wit brander blaaie
'Ek vrek oor jou'.
Doringbos takke strek peinsend uit
'Ek wag-'n-bietjie hier'
Lag ek vir myself en ril
My leuen is koud en kil
'Dit gaan voor die wind'
Dit gaan voor die wind
Ja.
Lief.
Koud en kil.
Wednesday, October 19, 2005
Kampvegter
Uitgeput lê die figuur in die stof
gebroke vuiste
geskeurde klere
sand in elke sweer gekoek
en tog...
'n gedagte
'n resolusie
Die honde wat rondom hom wag
is vet, kwylend en waaksaam
'n massa
spier en wraak
en tog...
die figuur in die stof lyk stil
uiteindelik
finaal
Die vet man in die hoek vee sy mond af
die haat drup van sy ken tot op sy walglikheid
"Maak gou!"
Sy honde beweeg weer
en tog...
Is dit werklik verby?
Het die son verdwyn?
Êrens bo die geraas van blinde stemme
dring daar 'n ligstraal verbysterd deur
Reg deur die 'tevergeefs' sny 'jy kan'
'jy gaan'
'nou'
en toe...
Maak die figuur
weer sy oë oop.
Die man en sy honde verstar.
Subscribe to:
Posts (Atom)