Friday, May 20, 2011

Vanaand begrawe ek vir Venus


Vanaand begrawe ek vir Venus
Sy wat sopas uit die skulp
- soos vlinder uit 'n papie -
kleur laat bloei het oor
die donker doek van God

Sewentien jaar het die papie
Stil-stil in my takke geskuil
Gereed vir hierdie
Presiese
Oomblik

'n Onthulling van grenslose drome
Die besef dat ek naak voor
Perfektheid staan en staar
Op op op na die berg waar
sy sorgvry staan en lag

Vanaand begrawe ek vir Venus
Ek lê haar neer op die perdeblomme
Sodat ek langs my eie vrou kan rus
En sy op die oggendbriesie

* * * * * * * Weg kan dryf

* * * * * * * * * * * * *Na iemand anders.

2 comments:

Anonymous said...

Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
God het jou lief. Lees jou Bybel.

Eben van Renen said...

Fantasties! My eie godsdienstige fanatikus! Nou weet ek dat ek werklik 'n digter geword het! Wê la ka pê la Hilda!