In okerbruin skemerte gehul
sit skugter skoolbanke toebek en stil
........ons lippesaamgesnoer
deur molasse skadu's wat loer
en my heilige-grond-stilte vereis
sssh!
........wie durf diƩ donker kul?
Koue tektoniese plate
bedek met bloekom blare
verklap die jare
sedert lewendiges laas hier
........'aanwesig' was.
in muwwe groen geel bane
hang alles uiteindelik nou gedane
Verliefdes, verveeldes, en drome
..........stof atome...
Thursday, October 04, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
beau! poem Eben, vreeslik bly om te sien dat die ink weer loop. ek hou vd fluency vd poem, lekker ritme ook..dit het so ou-wereldse gevoel, as jy weet wat ek bedoel met lgn, so plaasskool (met daai ou banke wat nog gate v inkpotte gehad het :) feeling v my
Wow! Hoe het jy geweet dis 'n plaasskool? Die skool is vasgevang in my geheue. Dit staan miskien nog naby/in Piketberg. My ma,ouma en oupa het daar skoolgegaan/gehou. Oupa was die skoolmeester. Ek was so 11/12 toe ons na die sluitings seremonie van hierdie kleine plaas skooltjie gegaan het. Ek wens ek het daar skoolgegaan. Net so 'n hangjie vol leerders kon daar in pas. Hierdie gedig was 'n amper geestesvlug oor die Atlantiese Oseaan na waar die murasie waarskynlik nou staan.
Het 'n week lank gesit met die ene.
Post a Comment