Friday, May 30, 2014
Ora (my ma)
die duiker-ooi wandel vanaf die Swartland berg
en terwyl sy met feetjies skinder
meng sy haar seisoene soos verf
soms slof sy in die stof blond
kaalvoet, vuilneus en gesond
soms flit-flit sy suikerbekkie-fyn
versigtig oor 'n geharde Protea-tuin
(jare verdwyn
en ek verskyn)
sy vang my
in haar heilige arms
draai my toe in
'n glimlag-kombers
en haar wiegie-vers
en die arms hou
en hou en hou
twintig tone in 'n lyn
in die sepia-sonskyn
in 'n Bellville yard
waar miere vervaart
ons Marmite broodjies wil bekom
ons voorskoolse, huisvrou en
(Pa se riller-Grens) ure
so is ek omvou
deur jou.
(sonder veel woorde)
steeds wandel jy
in stille akkoorde
met jou pleisters
en skottelgoedwashande
in grotte waar ek in die donker grou
die duiker-ooi
verpleeg my
se liefde
ontstig my
belig en rig my
na Pierneef-kranse in die son.
* Foto van my Ma met my dogter.
Tuesday, May 13, 2014
Afrikaner genesis eksodus
Ek
kom van melk spatsels en Cobra walms oor bruin
Goedkoop
gekraakte kombuisteëls
En
sonlig groen deur Sunlight bottel naby wasbak
Ek
groei uit ’n dik mat alge-groen buffelsgras
Bedompig
en vars
Wat
my laat juk as ek val
“Tikkie!”
“Pass!” “Touch!”
Mond
wat droog maar hygend lag
Ek
waai oor Van Riebeeckstrand
Bamboes
en skulp en seewier droog
Hier
plat hier duinerig maar orals sout
Blou
plat berg wat eenkant op my wag
Die
skim wat my altyd in my drome laat lag
Ek
vat die staffie vir ’n stappie op my strand
Ek
slaap in groot klaskamers met ou houtbanke
Wat
toeklap oor jou kop met graffiti uitgegrawe
Bordkryt
stof wat klinies ruik
Boek
netjies
Uniforms
en hare netjies
Skoene
blink
Menere
met snorre, juffroue met rompe
Ek
droom oor meisies se bene
In
Wiskunde klas
En
ander klasse
En
die geheimenisse wat rokke versluier
Maar
Meneer is streng
En
wakkerder as ek.
“Trek
die lyn met die liniaal!”
Aardbol
in die hoek onder stofstrale belig
NJ,
Roy, Spies, Theo, Stephan, Stefan, Anne-Marie, Karien, Celeste
Bernadine,
Napoleon, Sonja, Flippie, Jannie, Jeandré, Andre.
Ek
staan op vir jou Suid-Afrika
Uit
die diepte van ons seer see-harte
Hys
die vlag na die blou van onse onsin-hemel
“Wys
ons U’s ons Here”
“Ons
is U Volk”
’n
Volk ’n Volk ’n Volk
Ons
is Suid-Afrika en Suid-Afrika is ons
Ek
behoort
Ek
aanbid Meneer ons Jintelman Orator
Storieman
Afrikaner
Leermeester
trap diep spore deur my jare.
Waar
is Meneer nou?
Waar
my spilpunt, my Afrikaner-droom?
Ek
kniel voor klein rooi kers in vorm van ’n skippie
Ek
bind katolieke drome om Calvinistiese swere
My
smagting na bloed en die mistieke
Maar
veral die meisies se bene
En
reik uit
Na
vrou na man-word na vel en die lewe self.
En
toe klim ek op ’n vliegtuig na Londen.
Subscribe to:
Posts (Atom)